DURBAN. – ’n Vermeende reeksverkragter is noodlottig beseer toe hy na bewering op polisie probeer skiet het wat die deur, waaragter hy weggekruip het, oopgebreek het.
Reeksverkragter het weggekruip
Kol. Thembeka Mbele, polisiewoordvoerder, sê ’n polisiespan het 9 Desember na Skhalambazoweg in Mandeni gegaan waar die vermeende reeksverkragter weggekruip het. Die polisie het die verdagte gevra om die deur oop te maak. Hulle het daarna die deur oopgebreek en die verdagte het glo op hulle begin skiet . Die verdagte is tydens die voorval doodgeskiet.
Op sosiale media geteiken
’n Onwettige vuurwapen met vier rondes ammunisie is in die verdagte se besit gevind. Mbele sê die verdagte het slagoffers vanaf Julie 2020 tot Desember 2020 verkrag. Hy sê die verdagte het vroue tussen 22 en 29 jaar via sosiale media geteiken. Die verdagte is aan sewe sake van verkragting en aanklagte van roof verbind.
Volg FiND iT hier.



