Tweede Covid-19-golf tref SA

Foto: iAfrica

Dr. Zwelini Mkhize, minister van gesondheid, het Woensdag tydens ’n mediakonferensie aangekondig die tweede vlaag van Covid-19 het in Suid-Afrika aangebreek.

Dit volg na daar in 24 uur meer as 6 000 nuwe gevalle van die virus in Suid-Afrika aangemeld is.

“Die groot byeenkomste wat ’n skare lok, moet ondersoek word,” het hy gesê. “Ons moet sulke tipe geleenthede verhoed.”

Volgens Mkhize was die toename in gevalle tot baie onlangs nog tot die Wes-Kaap en Oos-Kaap beperk. “Die gevalle wat ons nou sien, dui egter op ’n tweede golf wat aangebreek het.”

Klik hier om na die nuutste syfers te kyk.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *