Covid-19 in SA: Só lyk die syfers

Deel hierdie storie / Share this story

Suid-Afrika is steeds op vlak een van inperking en die Covid-19-infeksiesyfer het oornag met 6 709 meer geword. Daar is nou 828 598 positiewe gevalle van die virus in die land.

Die aantal sterftes weens Covid-19 wat in die land aangemeld is, is 22 574 en 754 658 persone is van die virus genees.

Die land se gesondheidspanne kon tot op hede 5 690 263 toetse vir die virus doen.