Almal is die laaste tyd op Covid-19 fokus en sommige het al van die dae wat Suid-Afrikaners sonder elektrisiteit was, vergeet. Moet jy dalk weer jou kerse uithaal? Eskom het Suid-Afrikaners aan beurtkrag herinner. Die kragvoorsiener voorspel moontlike beurtkrag tussen nou en September 2021.
Risiko van kragonderbrekings
Eskom het die afgelope tyd elektrisiteit na baie gemeenskappe regoor die land gesny in ‘n poging om druk op die reeds beperkte netwerk te verlig. Sikonathi Mantshantsha, woordvoerder, het gesê terwyl die instandhouding by kragstasies aan die gang is, is die risiko van kragonderbrekings groot.
Volgens Mantshantsha bly die moontlikheid van kragonderbrekings tot September 2021 groot.



