YouTube gaan dié video’s verwyder

Deel hierdie storie / Share this story

YouTube het aangekondig die platform gaan enige video waarin daar beweer word dat daar bedrog in die verkiesing in Amerika plaasgevind het, verwyder.

Die publiek mislei

Die beleid, wat vandag in werking tree, is bedoel om verkeerde inligting te stuit wat die Amerikaanse publiek kan mislei. “Dit sal beteken dat enige video met inhoud wat mense mislei, verwyder kan word. Dit sluit video’s wat beweer dat bedrog of foute die uitslag van die Amerikaanse presidentsverkiesing in 2020 verander het, in,” sê YouTube in ’n verklaring.

Reeds verwyder

Die nuwe reël geld glo net vir nuwe video’s wat opgelaai word en nie vir video’s wat reeds op YouTube is nie. Die BBC berig die platform het sedert September meer as 8 000 kanale en duisende verkiesingsvideo’s wat die beleid oortree, verwyder. Meer as 77 persent van die verwyderde video’s is verwyder voordat hulle 100 keer gekyk is.

Volg FiND iT hier.