Geen meer Plett Rage vir matrieks

Een geleentheid, behalwe vir die matriekafskeid, waarna matrieks baie uitsien, is Plett Rage. Vanjaar se matrieks het ’n besonderse moeilike jaar agter die rug en het gehoop om ’n sorglose feesseisoen saam met vriende te hê.

Duisende matrieks

Plett Rage is ’n fees wat uitsluitlik vir matrieks gehou word om die nuwe hoofstuk in hulle lewe te vier. Duisende matrieks van oral kom hier bymekaar waar hulle kuier en na musiek luister. Die fees, wat gewoontelik ’n week duur, is die eerste keer in 2000 gehou. Deur die dag baljaar hulle op die strand en saans is daar ’n verskeidenheid van musikante en platejoggies om na te luister.

Gewilde fees is gekanselleer

Hierdie jaar se matrieks gaan egter nie so ’n fees ondervind nie. Dit is vandag amptelik aangekondig dat die gewilde fees gekanselleer is. Die distriksmunisipaliteit het hulle toestemming vir die geleentheid teruggetrek. Op Plett Rage se Facebook-blad het hulle aangekondig hulle kan ongelukkig nie almal se kaartjies terugbetaal nie. Verder lui die inskrywing dat hulle mense aanmoedig om hulle kaartjies tot volgende jaar te hou en dit dan te verkoop. Die kaartjie sal dus volgende jaar nog geldig wees.

Volg FiND iT hier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: