Menige kinders in gevaar na te veel chloor in swembad

RUSLAND. – Altesaam 21 kinders is na ’n hospitaal geneem en ses kinders is in ’n kritieke toestand nadat ’n openbare swembad meer 250 keer die standaard hoeveelheid chloor ingehad het.

Die meeste kinders wat geraak was, het probleme met asemhaling en oogprobleme ervaar. Verslae dui daarop dat die oorsaak van die giftige oordosis ’n fout was deur die personeel wat verantwoordelik was vir die skoonmaak van die swembad.

Die swembad is onmiddellik vir verdere ondersoek afgebaken.

Terwyl chloor gewoonlik gebruik word om swembaddens skoon te hou en water wat chloor bevat gewoonlik veilig is om in te swem, kan te veel van die stof kritieke gevolge hê. Volgens Healthline kan chloorvergiftiging voorkom as jy aan die chemikalie raak, sluk of inasem. Simptome van chloorvergiftiging kan insluit verbranding in die mond, swelling in die keel, keelpyn, maagpyn, braking en bloed in die ontlasting. Blootstelling aan te veel chloor kan ook jou bloedsomloopstelsel beskadig.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *