Ladybrand betogers môre in hof

Deel hierdie storie / Share this story

LADYBRAND. – Vyftien betogers is die week tydens ’n betoging oor swak dienslewering in hegtenis geneem.

Motantsi Makhele, polisiewoordvoerder, sê elkeen van die verdagtes sal aanklagte van openbare geweld en die oortreding van die Nasionale Padverkeerswet in die gesig staar. Die betogers het Dinsdag om 02:00 in ’n nedersetting begin en later die dag na die dorp beweeg.

Kommer oor die situasie

Die betogers het paaie met klippe afgesper en bandende bande het in die pad gelê. Later is JoJo-tenks ook glo aan die brand gesteek. Winkels en kleuterskole is aangeraai om toe te maak. Die DA in die Vrystaat het ook hulle kommer oor die situasie uitgespreek. Tania Halse, raadslid, sê geweld is nie die manier om ’n probleem op te los nie. Halse sê alhoewel die munisipaliteit daarin gefaal het om goeie dienste aan die gemeenskap te lewer, maak hierdie openbare geweld dit nog moeiliker vir die munisipaliteit om aan te gaan met dienslewering.

Die betogers sal om 14:00 voor die landdroshof in Ladybrand verskyn.

Volg FiND iT hier.