Video van DisChem-voorskrifdagga vals

Deel hierdie storie / Share this story

Gerugte het op sosiale media die rondte gedoen dat DisChem van plan is om vanaf Januarie 2021 dagga op sy rakke vir klante beskikbaar te hê.

DisChem het egter vinnig op dié gerugte gereageer en gesê dat hy geen kennis daarvan dra nie.

Alhoewel die video dit laat lyk soos ‘n tipe voorskrifmedisyne, kompleet met dosisinstruksies vir chroniese siektes, is dit nie iets wat DisChem beplan om te verkoop nie.

Luidens ’n onlangse navorsingsverslag, Medical cannabis: What practitioners need to know, is daar nog ’n lang pad wat gestap moet word voordat dagga op voorskrif in Suid-Afrika wettig sal wees.