Ma en dogter gee binne weke geboorte aan susters

MINNESOTA. – Lisa Rutherford (53) het ’n onselfsugtige geskenk aan daar dogter gegee, sy het besluit om haar dogter en dié se man se baba te dra nadat die paartjie vir jare met onvrugbaarheid gesukkel het.

Maar skaars ’n maand nadat Lisa met haar kinders se baba deur middel van IVF swanger geword het, het haar dogter, Kelsi Pierce (31) ook uitgevind sy is swanger.

In ’n tydperk van twee maande het Kelsi en haar man, Kyle, begin gereedmaak om die ouers van twee babas te word.

“Nadat ek drie jaar aaneen slegte nuus gehoor het en nooit gelukkig uit die dokter se spreekkamer geloop het nie, kon ek dit nie glo nie,” het Kelsi aan Goodmorningamerica gesê. “Ek dink ek het vir ’n maand aaneen gehuil.”

Pierce en Rutherford het hul swangerskappe saam deurgemaak, wenke uitgeruil en video-oproepe tydens ondersoeke aan mekaar gemaak.

Slegs ’n paar dae voor Thanksgiving het Pierce geboorte geskenk aan Ava, wat sewe weke en drie dae na haar groot suster, Everly, gebore is.

Lees meer artikels hier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: