KYK: Petrus loop Suid-Afrika plat vir bewusmaking

Petrus Sitho, die bekende aktivis teen plaasmoorde, beplan om al nege provinsies van Suid-Afrika te voet te besoek. Sitho het hierdie staptog begin vir die bewusmaking oor plaasmoorde.

“Petrus het hierdie staptog aangepak om almal bewus te maak van die plaasmoorde wat tans in Suid-Afrika plaasvind. Daar is mense op my Facbook-groepe wat van oorsee af is,” sê Ria van Rensburg admin van Boervolk: Walk vir Petrus en Boervolk: Help vir Petrus. Petrus het sy staptog in Oos-Londen begin. Hy het gisteraand in Bloemfontein oorgeslaap. Hy gaan daarna na Windburg en Senekal loop.

Vertrou my en ondersteun my

Petrus gaan vandag ’n groep van ongeveer 70 motorfietsryers in Bloemfontein toespreek. In ’n video wat Sitho gemaak het toe hy in Bloemfontein aangekom het sê hy hy gaan ook vandag met radiostasies onderhoude hê. Hy sê verder hy wil hê mense moet hom volg. “Ek staan op teen die dinge. Ek is hier om die mense van die land te beskerm. Moet nie met mekaar baklei nie. Vertrou my en ondersteun my.”

“Daar is twee mans wat saam met hom loop. Thabang, ’n plaasboer en Sakkie. Ek reël hulle slaapplek op elke dorp waar hulle stop. Verskeie boere, op die dorpe waar hulle oorslaap, gee vir hulle die aand ’n braai saam met ’n klomp ander boere,” vertel Van Rensburg.

’n Motor vir hom koop

Van Rensburg sê hulle is tans besig om geld vir Petrus in te samel. Sy sê hulle wil ’n motor vir hom koop sodat hy alles kan doen wat hy moet doen. Indien julle ’n bydrae wil lewer of vir Sitho wil help, skakel Ria van Rensburg by 074 087 6805.

Sitho het ook Facebook-blaaie waarop jy sy staproete kan volg.

Volg FiND iT hier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *