Jou viervoetkind en donderweer

Net so vreesloos soos wat ’n hond lyk, net so bang kan hy vir donderweer wees. Nog voor ons die donderweer hoor klap, sal ons honde al ronddwaal, wegkruip, hyg en selfs vir aandag soek. Honde wat erg bang is, sal selfs matte en deure begin byt.

Ontgroei nie die vrees nie

Matt Peuser, ‘n veearts by die Olathe Animal-hospitaal in Kansas, sê party honde het ’n fobie vir donderweer. Volgens Peuser ontgroei honde nie sommer dié vrees nie. Hy sê hulle vrees vir donderweer kan wel erger word.

Paniekaanvalle

Navorsers kon nog nie presies uitvind hoekom honde tydens storms paniekaanvalle ondervind nie. Webmb skryf honde ervaar paniekaanvalle omdat hulle ’n kombinasie van wind, reën, donderweer en weerlig hoor. Party honde sal angs ondervind as hulle enige harde geluid hoor.

Wat kan jy doen?

  • Probeer jou hond se aandag aftrek deur vir hom sy gunstelingspeelding te gee in plaas daarvan om hom te straf as hy angstig is as gevolg van die weer. Moet ook nie sy gedrag beloon nie.
  • Gee vir hom ’n veilige spasie waar hy kan gaan lê indien die weer swaar raak. Laat jou hond self sy veilige spasie kies. Kyk waarna toe hy stap as die donderweer klap.
  • Oorweeg styfpassende hempies en toedraaikombersies, Kontak jou naaste veearts of doen navorsing oor hoe hierdie wraps werk.
  • Speel sagte donderweerklanke in jou huis op tye wat dit nie donderweer nie, sodat jou hond daaraan gewoond kan raak.

Volg FiND iT hier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: