500 motoriste voor vakansietyd in hegtenis geneem

Deel hierdie storie / Share this story

Ongeveer 500 motoriste is reeds regoor Suid-Afrika in hegtenis geneem sedert die feesseisoen se padveiligheidsveldtog verlede week vrygestel is.

Padblokkades

Die Wes-Kaapse provinsiale verkeersdienste het altesaam 56 geïntegreerde padblokkades, voertuigkontrolepunte en spoedbeheer in die hele provinsie geïmplementeer. Daar is 18 825 motors in een week gestop. Elf voertuie is tydens die week van 30 Oktober tot 6 November geskut en 95 is weens onpadwaardigheid afgetrek.

Dronkbestuur

Simon Zwane, woordvoerder van die Road Traffic Management Corporation (RTMC), sê 219 van die inhegtenisnemings hou met dronkbestuur verband. Zwane sê ander oortredings sluit spoed en die bestuur van openbarevervoer-voertuie sonder permitte in.

Volg FiND iT hier.