Vyf dood in skietery

GAUTENG. – Drie insittendes van ’n sekuriteitsbakkie en twee mans in ’n voertuig is tydens ’n beweerde gewapende rooftog doodgeskiet.

Die skietery het Dinsdag om 16:26 in Riebeeckstraat in Kempton Park plaasgevind. Volgens Shawn Herbst, Netcare 911 se woordvoerder, het paramedici al vyf slagoffers ondersoek. Die vyf mans is op die toneel dood verklaar.

Die omstandighede wat tot die voorval gelei het, word ondersoek.

Volg FiND iT hier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: