Covid-19 in SA: Só lyk die syfers

Deel hierdie storie / Share this story

Suid-Afrika is steeds op vlak een van inperking en die Covid-19-infeksiesyfer het oornag met 3 313 meer geword. Daar is nou 817 878 positiewe gevalle van die virus in die land.

Die aantal sterftes weens Covid-19 wat in die land aangemeld is, is 22 249 en 745 750 persone is van die virus genees, sê dr. Zwelini Mkhize, minister van gesondheid.