SPRINGS – Die 14-jarige Nikita Lottering wat op 30 November vermis geraak het, is steeds vermis.
Haar ma, Ordette Lottering, skryf op Facebook: “Dis al aand sewe en mammie kry jou nie. Wens so ek het geweet wat het gebeur. Waar is jy? Ek het so baie vrae.”
Die beloning vir die opsporing van dié gr. 8-leerling van Hoërskool Hugenote in Springs is van R2 000 na R20 000 opgestoot. Die polisie is ook op soek na haar.
Lees hier meer oor haar verdwyning.



