NOORDWES.- ’n Aardskudding van 4,25 op die Richter-skaal is Sondagoggend om 03:00 ongeveer 11 km suidoos van Klerksdorp gemeet, waarna talle kleiner aardskuddings gevolg het.
Op die Richter-skaal gemeet
Die kleiner skuddings het onderskeidelik 2,96 en 2,24 op die Richter-skaal gemeet. Die aardskuddings is in Klerksdorp, op Orkney, op Stilfontein en op Hartbeesfontein gevoel. Mahlatse Mononela, woordvoerder van die Raad van Geowetenskappe, sê die twee skuddings wat na die eerste groot skudding plaasgevind het, is moontlik naskokke, aangesien dit naby aan die hoofskudding voorgekom het.
Ondergronds plaasgevind
Die aardbewing het 10 km ondergronds plaasgevind. Volgens die Geologiese Opname van die Verenigde State word aardbewings wat vlak in die aarde se oppervlakte plaasvind meer gevoel as ander wat dieper is.
Volg FiND iT hier.



