April 18, 2021

Ligte vliegtuig stort neer in veld

GAUTENG. – ’n Ligte vliegtuig het in die veld naby Mooiplaats neergestort nadat die vlieënier vermoedelik probleme ondervind het.

Foto: Netcare 911

Die vlieënier het na bewering probeer om die vliegtuig te laat land, maar ’n probleem het ontstaan en die vliegtuig het geval. Twee mense is tydens die voorval beseer. Volgens Shawn Herbst, Netcare 911-woordvoerder, het die paramedici vanoggend om 06:27 ’n oproep oor die voorval ontvang.

Herbst sê die twee mans was ernstig beseer en moes met ’n helikopter na die naaste hospitaal geneem word om die nodige behandeling te ontvang. Die spesifieke omstandighede om die voorval word ondersoek.

Volg FiND iT hier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: