April 18, 2021

Ses maande oue seuntjie verwurg

KWAZULU-NATAL. – ’n Ses maande oue babaseuntjie is in sy familiehuis in Everest Heights verwurg gevind. Die baba was in sy bababedjie met ’n gordyn om sy nek gedraai.  

Hy is deur paramedici op die toneel dood verklaar.

Volgens sy pa het hy aan die slaap geraak en toe hy teruggaan om na die baba te kyk, het hy die gordyn om sy nek gevind. Die baba het nie gereageer nie. Hy het sy vrou wat by die werk was, gekontak en haar van die voorval in kennis gestel.

Weens die vermoede deur uitgebreide familie, word die omstandighede rakend die seun se dood deur die Suid-Afrikaanse polisie ondersoek.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: