April 18, 2021

Reeksverkragter dwing kêrels om te kyk hoe hy hulle meisies verkrag

JOHANNESBURG. – Collen Fakude het nie nét sy slagoffers verkrag nie, maar hy het ook hulle kêrels gedwing om te kyk.

Fakude het verskeie vrouens verkrag terwyl hy uit op parool was. In een van die voorvalle het hy die vrou se jonger broer gedwing om te kyk hoe hy sy suster verkrag.

Met ’n vuurwapen gedreig

Kol. Donald Mdhluli, polisiewoordvoerder, sê Fakude se eerste voorval as reeksverkragter was in 2017 toe hy ’n vrou, wat saam met haar kêrel vir ‘n taxi gewag het by Ramalema naby Bushbuckridge, aangeval het. Volgens Mdhluli het Fakude die twee slagoffers met ’n vuurwapen gedreig en na die naaste bos geneem. Hy het die vrou daar verkrag terwyl die man moes toekyk. Daarna het Fakude hulle besittings gesteel en gevlug.

Hy is vrygelaat

Fakude het in meeste gevalle sy slagoffers met ’n wapen na die bosse geneem, verkrag en hulle daarna besteel. Hy is die eerste keer in 2003 deur die Mhala-streekhof tot 27 jaar tronkstraf gevonnis vir verkragting, roof en die besit van ‘n ongelisensieerde vuurwapen. Hy is in 2013 vrygelaat. Die regter het verklaar dat Fakude eers die 27 jaar moes voltooi voordat die nuwe vonnis begin.

Fakude is vandag in die Mpumalanga-hooggeregshof drie keer lewenslank plus 154 jaar tronkstraf opgelê.

Volg FiND iT hier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: