April 19, 2021

‘Engel-dokter’ bied hulp aan ná dogtertjie deur boerboel gebyt is

TRICHARDT – ’n Dogtertjie van byna drie jaar van Trichardt is Saterdag deur ’n boerboel gebyt en het vreeslik skade op haar gesiggie opgedoen.

Riana Kroëse van Care 2 Be Kind, ’n niewinsgewende organisasie, het besluit om die voortou te neem in die fondsinsameling om vir rekonstruktiewe chirurgie vir die dogtertjie te betaal.

“Die byt so by haar ogie is só diep dat mens die agterkant van haar ogie kan sien,” sê Kroëse.

Sedert Kroëse gister ’n plasing op Facebook gemaak het om die gemeenskap se hulp te vra om die allemintige R40 000 bymekaar te maak vir die operasie, het ’n plastiese chirurg van Pretoria aangebied om die chirurgiese operasie vir haar te doen.

“Daar sal moontlik net kostes wees wat die hospitaal self aanbetref, asook petrolgeld en verblyf vir wanneer hulle na Pretoria moet gaan. My hart huil oor al die mense wat omgee. Ek kan nie genoeg dankie sê nie,” sê Kroëse.

As jy miskien ‘n bydrae wil lewer:

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: