April 19, 2021

Demi Lee Moore se jarelange vriend vra dié groot vraag

Foto: Instagram

“Jy het my hele hart oorwin met jou gawe natuur, jou sagte menswees en jou oorvloed van liefde vir my. Ek is onbeskryflik lief vir jou, my engel. Gister was die beste dag van my lewe, ek kan nie wag om met jou te trou nie.”

Foto: Skermgreep

Só lui die inskrywing by die video op Facebook en Instagram waar Barthlo Visagie vir Demi Lee Moore vra om te trou. Die video wys waar die twee in Melkbosstrand is, toe Visagie ’n boksie uithaal, op sy knie gaan en die ja-woord vra.

Hom omhels

Moore huiwer nie een oomblik om ja te sê nie en sak ook op haar kneë om hom te omhels. Daarna kan mens in die agtergrond hoor hoe ’n groep mense juig. Die video is al 97 900 keer gekyk en 434 keer gedeel.

Moore het tydens die program Die Kontrak bekend geword met haar unieke stem. Sy het het dadelik ’n klomp aanhangers se harte gesteel. Sy is in November 2018 as die wenner van dié program aangewys.

Volg FiND iT hier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: