April 19, 2021

Bekende Oos-Rander in huis doodgeskiet

Foto: Facebook

GAUTENG. – Drie gewapende rowers het vermoedelik Belinda (49) en Jan (50) Huyzers in hulle huis oorval. Belinda is in die bors geskiet en is op die toneel dood verklaar.

Die huis binnegdring

Kapt. Mavela Masondo, polisiewoordvoerder, het die voorval bevestig. Daar word beweer die verdagtes het Vrydagaand voor middernag die Huyzers se huis in Glein Marais binnegedring. Die egpaar was besig om televisie te kyk. Jan is tydens die voorval in die nek geskiet en in die Arwyp-hospitaal opgeneem. Hy het Sondag ’n operasie ondergaan en is dieselfde dag uit die hospitaal ontslaan

Moord en poging tot moord

Jan en Belinda Huyzer was beide groot sportentoesiaste. Belinda was ’n bekende in die Run/Walk for Life-kringe, asook ‘n lid van dié gemeenskap. Sy het by SA Mercantile in die finansiële afdeling gewerk.

Die polisie ondersoek ’n saak van huisbraak, moord en poging tot moord.

Volg FiND iT hier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: