Biker dood, nog een beseer in botsing

LYTTELTON. – ’n Motorfietsryer is dood en nog een het matige beserings opgedoen toe hulle motorfiets met ’n bakkie op die N1-Suid in Bothalaan in Lyttelton gebots het.

Toe ER24-paramedici gister kort na 11:00 op die toneel aankom, het hulle die voorste deel van ’n motorfiets, wat onder die agterkant van ’n bakkie ingedraai was, gevind. ’n Vrou het langs die motorfiets gelê. Ongelukkig het sy noodlottige beserings opgedoen en is op die toneel deur paramedici dood verklaar.

’n Man het ’n paar meter verder op teen die versperring lê. Hy is op die toneel deur paramedici vir matige beserings behandel en daarna vir verdere mediese sorg na ’n hospitaal geneem.

Die presiese omstandighede van die voorval is nie bekend nie, maar plaaslike owerhede was op die toneel vir verdere ondersoek.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: