‘Boer soek ’n Vrou’ se Ilne verloof aan nuwe liefde

Deel hierdie storie / Share this story

Ilne Prinsloo, wat aan die 12de seisoen van Boer soek ’n Vrou deelgeneem het, het aanhangers se harte van blydskap laat oorloop toe sy foto’s van haar verlowing op Instagram deel.

“Maklikste ja van my lewe. Ek kan nie wag om die res van my lewe saam met jou te spandeer nie,” skryf Prinsloo by die foto’s.

https://www.instagram.com/p/CIbj1TilFhO/?igshid=1kzb7duqo4i1w

Wianco Blom het Prinsloo Saterdag dié vraag gevra. Die twee is sedert Junie 2020 saam. Op Instagram beskryf hy homself as musikant en onderwyser. Prinsloo het na die reeks vinnig op sosiale media bekend geword en het tans 27 200 volgelinge op Instagram.

Aanhangers was hartseer

Baie mense het kommentaar op die foto’s van die verlowing gelewer. Almal was bly en het haar net die beste toegewens. Party het selfs geskryf dat hulle gewag het vir die verlowing. Prinsloo was die meisie wat Graham Lombard in die 12 seisoen van die reeks Boer soek ’n Vrou gekies het, maar hulle paadjies het in Februarie 2020 geskei. Al haar en Lombard se aanhangers was hartseer toe hulle die nuus hoor, maar Prinsloo en Lombard het dit as ’n “gesamentlike besluit” beskryf.

Volg FiND iT hier.