September 27, 2021

KYK: Gesteelde bakkie onder vrag besems weggesteek

KOMATIPOORT – Die polisie het Saterdagmiddag op ‘n wit Ford Ranger-bakkie, weggesteek onder ‘n vrag grasbesems, op die grens tussen Suid-Afrika en Mosambiek afgekom.

‘n Video van die voorval is ook op sosiale media rondgestuur.

Kol. Donald Mdhuli, polisiewoordvoerder in Mpumalanga, het gesê die polisiebeamptes was besig met pligte toe hulle die verdagte vragmotor, volgelaai met tradisionele grasbesems, gewaar het.

Die vragmotorbestuurder was teen dié tyd skoonveld. Hy was volgens kol. Mdhuli glo na SAID-kantore om dokumentasie af te handel.

Die polisiebeamptes het hom daar gaan soek, maar hy is steeds nie gekry nie.

Daar is intussen vasgestel dat die bakkie, wat onder die grasbesems gevind is, op 30 November in Gauteng gesteel is.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *