16-jarige in hof oor mensehandel

Deel hierdie storie / Share this story

VRYSTAAT – ‘n Meisie (16) is in hegtenis geneem op die aanklag van mensehandel na sy glo deel was van die ontvoering van twee ander meisies.

Volgens brig. Motantsi Makhele, polisiewoordvoerder in die Vrystaat, is die drie meisies wat in Phuthaditjhaba vermis geraak het, in Sasolburg gevind.

Die meisies is leerlinge aan Mafube Intermediêre Skool en is laas op 20 November gesien. Hulle skoolklere is in ‘n asdrom buite die huis van een van die meisies gekry.

“Karabo Dlamini (15) en Reamohetswe Maria Mohale (15) is Woensdag 2 Desember by ‘n taverne in Sasolburg opgespoor en met hul families herenig,” sê brig. Makhele.

Verdere ondersoek het gelei tot die inhegtenisname van die derde meisie. Sy was na bewering by die ontvoering van die ander twee meisies betrokke.

Sy verskyn Maandag 7 Desember in die Phuthaditjhaba-landdroshof op aanklag van mensehandel.