Die Demokratiese Alliansie (DA) in die Noord-Kaap het gister hul eerste virtuele, provinsiale kongres gehou waar nuwe leiers gekies is.
Die meerderheid afgevaardigdes het vanaf Kimberley en Upington gestem, terwyl die res elektronies gestem het.
“Dis ‘n voorreg om die nuwe leiers vir die Noord-Kaap aan te kondig,” sê Shelley de Witt, mediabestuurder in die Noord-Kaap. “Harold McGluwa is as provinsiale leier aangewys, Isak Fritz as provinsiale voorsitter, Priscilla Isaacs, Rodney Kritzinger en Elize Niemann as adjunk-voorsitters, en Dirk Stubbe as provinsiale finansiële voorsitter.”
“Ons sê geluk aan die nuwe leiers en wens hulle net die beste toe soos hulle voorberei om die provinsie in 2021 vorentoe te neem.”



