Vyf dood in gru-ongeluk

Deel hierdie storie / Share this story

BLOEMFONTEIN – Vyf mense, waarvan drie kinders, is Saterdagaand dood in ‘n ongeluk in Monumentweg in Uitsig, Bloemfontein.

Volgens ER24 het die paramedici om 19:00 op die toneel aangekom. ‘n Minibus het op sy sy langs die pad gelê en ‘n ander voertuig in die middel van die pad.

“Paramedici het vyf mense wat noodlottig beseer was, in die voertuig gekry. Niks kon vir hulle gedoen word nie en hulle is op die toneel dood verklaar.”

Drie ander het beserings opgedoen. Die minibusbestuurder het agter die stuurwiel vasgesit en moes deur reddingskake uitgehaal word. Hy was in ‘n kritieke toestand.

Die paramedici het die beseerdes op die toneel behandel voor hulle na ‘n hospitaal geneem is vir verdere behandeling.