August 5, 2021

‘Onwettige myners’ se liggame ondergronds by myn gevind

VIERFONTEIN – Die liggame van sewe vermoedelik onwettige myners is Vrydag by ’n myn in die Vrystaat gevind.

Brig. Motantsi Makhele, polisiewoordvoerder, sê hulle liggame is ondergronds by Kopanang-myn in Vierfontein naby Kroonstad gekry.

Beamptes het ’n groot deel van Vrydag daaraan afgestaan om die liggame van die myners van onder die grond na bo te bring. “Die myners se identiteit, ouderdomme, geslag en land van afkoms is nog onbekend, maar daar word vermoed dat hulle nie wettige myners is nie,” sê hy. “Volgens Kopanang-myn se bestuur is al sy werknemers steeds aanwesig.”

’n Nadoodse ondersoek sal in Bloemfontein uitgevoer word en DNA-toetse sal gedoen word om die persone se identiteit vas te stel. Die ondersoek duur voort.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *