Beloning uitgeloof vir Nikita (14) se opsporing

Deel hierdie storie / Share this story

SPRINGS – “Nag nommer vyf. Jy is iewers daarbuite. Is jy honger? Kry jy koud? Is jy veilig? Hier sit ek op die bank en die gewag maak my mal. Wag dat my foon lui en dat iemand vir my sê: Mevrou, ons het jou kind.”

Só klink Ordette Lottering se laaste Facebook-inskrywing oor haar dogter, Nikita (14) wat sedert 30 November vermis is.

Nikita is laas by haar ouma se huis gesien. Sy het ’n swart denimbroek, wit hemp en rooi baadjie aangehad.

Ordette het intussen ‘n beloning van R2 000 uitgeloof vir enigiemand met inligting oor waar haar dogter kan wees.

Skakel asseblief 065 257 2921 indien jy enige inligting het oor waar Nikita kan wees.