Lykswa brand uit op pad na begrafnis

Deel hierdie storie / Share this story

PAARL – ‘n Lykswa van Willy’s Begrafnisdienste het Saterdagoggend op pad na ‘n begrafnis in die Paarl aan die brand geslaan.

Die voertuig het Saterdagoggend om 08:15 aan die brand geslaan.

Volgens ‘n verklaring op Willy’s Begrafnisdienste se webtuiste het die hele voertuig uitgebrand, maar die kis en die inhoud kon behoue bly.

“Die lykswa is totaal verwoes in die voorval. Ons kan voorts bevestig dat die oorskot van die oorledene ongedeerd was gedurende die insident en dat die familie steeds die geleentheid gebied was om die liggaam te besigtig om dit te bevestig,” lui die verklaring.