NOORD-KAAP. – ’n Man (63) van Lerato Park, ’n nedersetting in Roodepan, is in hegtenis geneem nadat dagga met ’n waarde van R85 000 na bewering by hom gevind is.
In hegtenis geneem
Mashay Gemeldien, polisiewoordvoerder, sê die polisie het inligting ontvang oor ’n inwoner van Lerato Park in Roodepan wat glo dagga besit en verkoop. Volgens Gemeldien is ’n man later in hegtenis geneem. Die polisie het op 56,65 kg se dagga wat in sakkies verpak is, beslag gelê.
In die hof verskyn
Gemeldien sê die man sal na verwagting binnekort in die Galeshewe-landdroshof verskyn.
Volg FiND iT hier.



