DURBAN. – ’n Bejaarde vrou en haar kleinkinders is uit hul woonstel ontruim nadat die dak van hul woonstel Vrydagoggend aan die brand geslaan het. Daar word beweer brandende vonke van die brand by die olieraffinadery het op die dak geval.
Die brand geblus
Robert Mckenzie, woordvoerder van die EMS van KwaZulu-Natal, sê die nooddienste het die brand geblus. Niemand is tydens die voorval beseer nie.
Ses mense in hospitaal behandel
’n Gedeelte van die Engen-olieraffinadery in Taraweg, suid van Durban, het vanoggend om 07:00 ontplof. Ses mense word tans vir die inaseming van rook by ’n hospitaal behandel. Geen ander sterftes of beserings is so ver gerapporteer nie.
Volg FiND iT hier.



