GAUTENG. – Nikita Lottering (14) is Donderdag die laaste keer by haar ouma se huis in Springs gesien. Sy het ’n swart denimbroek, wit hemp en rooi baadjie aangehad.
Beloning
Maroela Media berig Nikita se ma, Ordette Lottering, het ’n beloning van R2 000 uitgereik vir enigiemand wat inligting het wat tot Nikita se opsporing kan lei. Ordette het ook glo reeds ’n leidraad gekry oor waar haar kind mag wees en is besig om dit op te volg.
Op Facebook geplaas
Ordette net vanoggend op Facebook geplaas dit is al dag vyf wat haar dogter weg is. By die inskrywing skryf sy: “Ek sê nie my kind het weggeloop nie en ek sê ook nie my kind is gesteel nie… Ek soek net my kind terug.”
Volg FiND iT hier.



