Covid-19 in SA: Só lyk die syfers nou

Deel hierdie storie / Share this story

Suid-Afrika is steeds op vlak een van inperking en die Covid-19-infeksiesyfer het oornag met 4 932 meer geword. Daar is nou 805 804 positiewe gevalle van die virus in die land.

Die aantal sterftes weens Covid-19 wat in die land aangemeld is, is 21 963 en 740 450 persone is van die virus genees.

Die land se gesondheidspanne kon tot op hede 5 534 084 toetse vir die virus doen.