April 21, 2021

Ma nie meer daarvan verdink dat sy seun jare lank toesluit

Foto: AP News

STOCKHÖLM – Die ma wat aanvanklik daarvan aangekla is dat sy haar seun vir 28 jaar in ’n woonstel toegesluit het, is nou van dié klagte vrygespreek na dit aan die lig gekom het dat haar seun ’n keuse gehad het of hy in die woonstel wou wees of nie.

Die ma (70) is vroeër vandeesweek in hegtenis geneem op aanklagte dat sy haar seun (41) vir 28 jaar in hulle woonstel in Stockhölm toegesluit het.

Na wat berig is, het die vrou die seun uit die skool gehaal toe hy 12 jaar oud was. Die man se sussie het gesê sy het na die woonstel gegaan na hulle ma in die hospitaal opgeneem is. Sy het toe op haar boetie, ondervoed, met geïnfekteerde sere op sy bene en byna tande nie, in die woonstel afgekom.

Emma Olson het aan AFP gesê die vrou is vrygelaat omdat voorlopige ondersoek geen tekens wys dat die man fisies teen sy sin in die woonstel aangehou is nie.

“Ons kon geen bewyse sien dat hy toegesluit was, vasgemaak of fisies gedwing is om in die woonstel te bly nie,” sê sy. “Die man het self gesê hy het ’n keuse gehad of hy in die woonstel wou bly of nie.”

’n Mediese ondersoek het ook gedui dat daar geen teken van geweld is nie.”

Die beweringe dat hy as 12-jarige uit die skool gehaal is, word ondersoek.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: