Covid-19 in SA: Só lyk die syfers

Deel hierdie storie / Share this story

Suid-Afrika is op vlak een van inperking en die Covid-19-infeksiesyfer het oornag met 4 400 meer geword. Daar is nou 800 872 positiewe gevalle van die virus in die land.

Die aantal sterftes weens Covid-19 wat in die land aangemeld is, is 21 803 en 739 367 persone is van die virus genees.

Die land se gesondheidspanne kon tot op hede 5 500 669 toetse vir die virus doen.