April 19, 2021

Chihuahua met Instagram se klerekas is R150 000 werd

Die vierjarige chihuahua wat Rebecca Shelton aangeneem het, het mer as 150 uitrustings wat haar meer as R150 000 uit die sak gejaag het.

Shelton het aan Metro News gesê sy behandel Presley, die chihuahua, soos ’n baba. Sy erken Presley kan soms ’n diva wees en daar is restaurante waar sy weier om te eet.

T-hempies en balletrompies

Shelton het Presley op die ouderdom van drie maande aangeneem. Sy was baie ondervoed. Haar klerekas bestaan uit ’n verskeidenheid T-hempies en balletrompies. Presley het haar eie Instagram-profiel en foto’s waar sy spog met haar uitrustings word gereeld hier geplaas.

Op haar instagram profiel staan
sy lewe saam met haar twee sussies, Chi-Chi en Belladonna en die woorde “fashionista next level”.

Volg FiND iT hier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: