April 19, 2021

Een vermoor (83) en ander vasgebind (53) tydens huisroof

PAARL. – ’n Vrou (83) is gisteraand gedurende ’n vermoedelike huisbraak vermoor terwyl ’n ander vrou (53) tydens die voorval vasgebind was.

Na bewering binnegedring

Twee verdagtes het toegang tot die huis in Elricheslot verkry. Die verdagtes het glo met twee selfone, ’n televisie en ’n naaimasjien in ’n onbekende motor gevlug. Kapt. FC van wyk, polisiewoordvoerder, sê die voorval het omstreeks 21:30 plaasgevind.

Nooddienste ontbied

Die vasgebinde vrou kon haarself glo loswikkel waarna sy die paniekknoppie gedruk het en nooddienste ontbied het. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Volg FiND iT hier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: