April 19, 2021

Zimbabwiese presidentsvrou op draagbaar by hof ingestoot

Foto: News24

Mary Mubaiwa is in ’n “kritieke toestand” op ’n hospitaaldraagbaar by die hof ingestoot om haar verskyning te maak vir die beweerde aanranding van haar huishulp.

Mubaiwa is die vervreemde vrou van Zimbabwe se adjunk-president Constantio Chiwenga.

Volgens haar regspan is Mubaiwa te swak om self in die hof te kon staan toe sy vir haar saak moes verskyn. Beatrice Mtetwa, ’n prokureur, het gesê daar is aangevra om die saak tot 28 Januarie 2021 uit te stel sodat Mubaiwa die nodige tyd het om van haar onbekende siekte te herstel.

Volgens ’n AFP-joernalis was Mubaiwa se arms en bene erg geswel en kon sy skaars haar kop in die hof oplig. Sy het glo doodstil gesit na sy in ’n rolstoel gesit is vir die 20 minute wat die verhoor geduur het.

Mubaiwa is vantevore vir poging tot moord, geldwassery en bedrog aangekla.

Die hof het Mubaiwa se versoek toegestaan en die saak is tot 28 Januarie 2021 uitgestel.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: