April 18, 2021

KYK: Man van 300 kg uit huis gehys

Foto: Vonjour

FRANKRYK. – Alain Panabiere (53) kon homself nie van sy kamervloer af oplig nie en ongeveer 50 lede van die nooddienste moes hom uit sy huis red.

Met ’n hyskraan afgehys

Panabiere, wat 300 kg weeg, was vir maande lank in sy huis in Perpignan vasgekeer nadat hy glo sy been gebreek het. Polisie het gister die straat waarin Panabiere se huis is, afgesper. Reddingswerkers het ’n gang deur sy woonstelmuur, op die boonste verdieping, gesny. Panabiere is op ’n draagbaar geplaas terwyl hy na ’n metaalkas gedra is wat buite aan ’n hyskraan gehang het. Hy is afgehys en met ’n ambulans na ’n hospitaal geneem.

Jean Codognes, Panabiere se prokureur, het einde Oktober ’n versoek aan die Franse minister van binnelande sake gerig om toestemming vir ’n noodredding te gee.

Nie meer beweeg nie

Antoinette Avignon, hoof van endokrinologie, diabetes en voeding by die hospitaal waar Panabiere opgeneem is, sê dis gevaarlik om iemand wat vir twee of vyf jaar nie beweeg het nie weer aan die beweeg te kry. Sy sê die kardiovaskulêre stelsel moet eers weer bygebring word omdat dit vir ’n lang tyd gerus het. Volgens Avignon gaan Panabiere eers vir ’n tyd in die hospitaal behandel word en dan na ’n rehabilitasiesentrum geneem word.

Volg FiND iT hier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: