April 19, 2021

Man vermoor stiefma na opdrag van ‘profeet’

KWAZULU-NATAL. – Norris Russel Mutambaziko is 20 jaar tronkstraf opgelê vir die moord op sy stiefma nadat ’n “profeet” aan hom gesê het om die moord te pleeg.

Die stiefma moet dood

Die “profeet” het na bewering aan Mutambaziko gesê dat sy stiefma moetie in sy en sy pa se kos gegooi het, wat gemaak het dat hulle heeltyd baklei. Die “profeet” het ook gesê hy sal sy stiefma moet doodmaak anders gaan hy en sy pa binnekort sterf. Mutambaziko het glo heeltyd aan die “profeet” gevra of daar nie ’n ander manier is om die problem om tee los nie. Hy het aan die hof gesê hy het die “profeet” geglo omdat van sy vorige voorspellings waar was.

Haar keel afgesny

Natasha Kara, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag, sê Mutambaziko het na sy stiefma se huis gegaan, haar gegroet en haar in die nek gesteek. Sy het nog gelewe en hy het in die sitkamer gaan sit. Daarna het hy haar keel afgesny, haar selfoon gesteel en gevlug. Mutambaziko het daarna aan die ‘profeet’ gaan rapporteer.

Homself oorhandig

Mutambaziko sê die “profeet” het ook glo aan hom gesê om sy boetie te vermoor, maar hy het nie daarmee voortgegaan nie. Die “profeet” het geld van Mutambaziko geëis. Mutambaziko het hom later aan die polisie oorgegee.

Mutambaziko is 15 tronkstraf vir roof opgelê en 20 jaar vir moord. Die vonnisse sal gelyktydig uitgedien word.

Volg FiND iT hier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: