April 19, 2021

Plaasaanval: Bejaarde egpaar en dogter vasgemaak en toegesluit

Foto: Drakenstein Farm, Watch

PAARL – ’n Bejaarde paar en hul dogter is op hulle plaas oorrompel en vasgemaak terwyl hulle plaashuis deursoek en byna alles uitgegooi is.

Vier aanvallers het gisteraand op die egpaar se huis in die Paarl toegesak. Hulle dogter het ten tye van die aanval by hulle gekuier.

Na wat berig word, het die rowers die egpaar gedwing om hulle kluis oop te sluit, waarna hulle ook verskeie elektriese toestelle en selfone gevat het. Die egpaar en hulle dogter is vasgemaak en in ’n kamer toegesluit terwyl die verdagtes die res van die huis deursoek het.

Volgens Drakenstein Farm Watch (DFW) kon die egpaar hulleself loswikkel en van die DFW-radio gebruik maak om hulp te ontbied. DFW-spanne was binne minute na die toneel op pad en die polisie is ook van die insident in kennis gestel.

Niemand is gelukkig in die aanval ernstig beseer nie.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: