Onthoofde, naakte, gebrande liggaam in veld gevind

Deel hierdie storie / Share this story

OOSRAND – Die gemeenskap van Putfontein naby Crystle Park in Benoni is geskok na die liggaam van ’n onthoofde man die naweek in ’n veld gevind is.

Dit was die tiende lyk wat sedert Maart vanjaar in dié area ontdek is.

Sers. Rider Ubisi, polisiewoordvoerder, sê die liggaam is Sondagoggend deur ’n inwoner gevind. “Die onthoofde, naakte en verbrande liggaam van ’n onbekende man tussen die ouderdom van 20 en 30 is gevind. Sy kop is selfs na ure se gesoek nie opgespoor nie.”

Volgens Ubisi hou die polisie die spesifieke area sedert Maart dop, maar blyk dit asof moordenaars steeds die liggame van hulle slagoffers daar los.