April 21, 2021

Boere vang vermeende inbrekers

Foto: Canva

VRYSTAAT. – ’n Groep boere het vyf mans gevang wat na bewering by Karkloof-plaas in die Verkykerskop wou inbreek.

Aangerand en beroof

Brig. Motantsi Makhele, polisiewoordvoerder, sê die verdagtes het glo ’n plaaswerker aangerand en beroof. Die man (63) wat tydens die voorval alleen op die plaas was se besonderhede is nie bekendgemaak nie.

Op aanklag van poging tot moord

Die vyf verdagtes het in die Warden-landdroshof op aanklag van poging tot moord, poging tot inbraak, inbraak met ’n vuurwapen en aanranding verskyn. Die verdagtes is tussen die ouderdom van 20 en 34.

Volg FiND iT hier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: