April 19, 2021

Baba gebore van 27 jaar oue embrio

Foto: Unsplash

Molly Everette Gibson is op 26 Oktober vanjaar gebore vanuit ’n embrio wat vir 27 jaar gevries was.

Molly is gebore uit ‘n embrio wat nog die langste gevries was voor ‘n baba daaruit gebore is. Die embrio is in Oktober 1992 gevries, een jaar voor Tina Gibson, haar ma, gebore is.

Tina het gesukkel om swanger te word en sy en haar man, Benjamin, het na die National Embryo Donation Centre (NEDC) gegaan vir hulp. Hierdie niewinsgewende organisasie help ouers om embrio’s “aan te neem” om so te babas hê.

Molly se sussie, Emma Wren, was voor Molly se geboorte die babatjie wat uit ’n embrio wat die langste gevries was gebore is. Dié embrio was vir 24 jaar gevries.

“Vir so lank as wat die embrio’s in die regte stowwe bewaar word, dink ons dit kan onbeperk bruikbaar bly,” sê NEDC-laboratoriumdirekteur aan die New York Post. “Nou na Molly se geboorte, weet ons dat dit vir seker vir 27 en ’n half jaar bruikbaar kan bly.”

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: