Mnr. S.A.-finalis loop deur onder kritiek

Foto: Facebook

Danie Doman, ’n mnr. S.A.-finalis, het met sy lyf kritiek op sosiale media uitgelok. Mense meen iemand met so ’n “boep” behoort nie aan die kompetisie deel te neem nie.

Mense op Twitter het veral baie te sê gehad nadat Doman foto’s van sy kaal bolyf op die platform geplaas het. Alhoewel hy geskok is oor die uitlatings wat deur die mense gemaak is, voel hy mens se uiterlike voorkoms bepaal nie jou karakter nie.

Die kortste en vetste

Danie is 25 jaar oud en is ’n jeugwerker van die NG-kerk Nylstroom-Oos. Hy en sy vrou, Bianca (24) ken mekaar al 11 jaar en het ’n tweejarige seuntjie. Sy vrou vertel aan Huisgenoot Doman het aan die begin van die kompetisie aan haar gesê hy is die kortste en vetste van al die deelnemers, maar steeds het hy sy kop hoog gehou.

Foto: Facebook

Party kommentaar was wel positief en opbouend, maar ander het aan hom gesê hy moet op ’n treadmill klim. Danie sê hy het geweet mense kan nie altyd iets positief te sê hê nie. Hy erken in die begin maak dit seer, maar later leer jy hoe om dit te hanteer.

Volg FiND iT hier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *