April 19, 2021

Vier van GWK vas oor korrupsiespul

Foto: Baker Street Blog

*GWK is na bewering die benadeelde party.

NOORD-KAAP. – Vier mans het vandag in die Douglas-landdroshof verskyn op aanklag van korrupsie, bedrog en geldwassery van R5,5 miljoen.

Volgens kol. Katlego Mogale, woordvoerder van die Valke, het Johannes Lodewykus Kruger (60), Rudolph Kemp (47), Goerge Wheeler (60) en Johannes Van Heerden (51) van Griekwaland-Wes Koperatief Beperk (GWK) na bewering tussen 2014 en 2016 met ’n werknemer van AG Equipment Direct LLC (AG) saamgewerk en meer gekwoteer vir toerusting as wat nodig is.

Die Valke kon intussen vasstel dat ’n totaal van R5 miljoen deur die vermeende verdagtes gedeel is, sê Mogale.

Die verdagtes is Vrydag gedagvaar. Hulle is met ’n waarskuwing vrygelaat en sal na verwagting op 6 April 2021 weer in die hof verskyn.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: