April 19, 2021

Man kry twee keer lewenslank in Kimberley-hof

NOORD-KAAP. – Daniel Dipeko (45) is tot twee keer lewenslange en 35 jaar tronkstraf gevonnis na die moord op sy kind en vrou.

Dipeko het twee jaar gelede sy vrou oor ’n beweerde buite-egtelike kind ondervra waarna hy haar met petrol gegooi het en aan die brand gesteek het. Die huis het ook aan die brand geslaan en hulle een seun is saam met die vrou in die brand dood. Die drie ander kinders wat ook tuis was, kon aan die brand ontsnap en het net beserings opgedoen.

Twee keer lewenslank

Die twee keer lewenslange straf is vir die moord op sy vrou en kind. Die bykomende 30 jaar is vir poging tot moord op hulle ander drie kinders. Die oorblywende vyf jaar is vir brandstigting.

Die vonnisse sal samelopend uitgedien word.

Volg FiND iT hier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: